LEWE LEER TROTS
Welkom by Laerskool Riebeek KasteelSKOOLTYE
Gr.1&2 Maandae – Donderdae: 07:30-13:30
Vrydae :07:30-13:15
Gr.3&7 Maandae – Donderdae : 07:30 – 14:00
Vrydae: 07:30 – 13:15
Kontak Ons
Laerskool Riebeek Kasteel
Adres: Hoofstraat 37, Riebeek Kasteel
Kontak Nommer: +27 (0)22 448 1228
Epos Adres: admin@rkls.co.za
By Riebeek Skep ons vertroue om te glo, waag en wen
Die Laerskool Riebeek Kasteel is geleë in die hartjie van die pragtige Boland aan die voet van Kasteelberg. Dit is reeds die vriendelike mense, waaronder die bekwame en passievolle personeel van die skool, wat bydra tot die tasbare uitlewing van ons skool se leuse “Help Mekaar”.
Hier is elke kind ‘n individu met besonderse potensiaal wat hom/haar kan uitleef, ontdek en die ware essensie van menswees aanleer. Die skool beskik oor 200 leerders en is individuele aandag en persoonlike bemoeienis ‘n prioriteit.
Laerskool Riebeek Kasteel, Help Mekaar
By Laerskool Riebeek Kasteel fokus ons op die vestiging van ‘n positiewe gesindheid binne ‘n waarde-kultuur waar respek, trots, lojaliteit, verantwoordelikheid , pligsgetrouheid en eerlikheid beklemtoon word. Dit is hier waar die skool se tradisie en prestasie bydra tot ons fokus op die huidige en die toekoms.
Hier word ‘n ruimte vir klein en groot geskep om te glo, te waag en te wen. Ons is in 2017 gerig op die spreuke “The past, with the present for the future”.
Laerskool Riebeek Kasteel
Hier word balans gehandhaaf in akademie, sport, kultuur en geestelike belewenis, bydraend tot die ontwikkeling van leerders vir hulle totaliteit. Moderne fasiliteite, akademiese uitnemendheid en puik afrigting bied die geleentheid aan laerskoolleerders tot die ontdekking van ‘n toekoms met aantreklike en uitdagende groeigeleenthede.
Fotos & Kalender
Riebeek Vallei Besigheidsliga Netbal
Wat ’n wonderlike twee aande van spanbou, sport en gemeenskapsgees. Baie dankie aan elke deelnemer, ondersteuner en personeellid...
Sporttoernooi 30 Maart- 02 April 2025
Ons kan nogsteeds nie glo die sporttoernooi is verby nie! Dit was regtig een vir die boeke - vol spanwerk, deursettingsvermoë en...
Hoofseun & Hoofdogter 2025
Ons hoofdogter (Anna Bruwer) en hoofseun (Xavier Fourie) lyk besonders spoggerig in hul splinternuwe baadjies! Hulle dra dit met...
Laerskool Riebeek Kasteel Mini-Krieketdag Mini-krieketdag vol pret!
Ons het Saterdag, 15 Maart, ‘n fantastiese mini-krieketdag by ons skool gehad! Dankie aan elke skool wat deelgeneem het. Dit was...
Graad R Opedag – ‘n Dag vol Pret en Avontuur!
Ons het ‘n fantastiese dag gehad tydens ons Graad R Opedag, waar ons moontlike 2026-leerders en hul gesinne verwelkom het! Van...
Laerskool Riebeek Kasteel Prestigeaand 2024
Ons is baie trots op elke leerder wat 'n prys of sertifikaat ontvang het by 2024 se Prestigeaand.
Leerders
Terrein Personeel
Onderwysers
Koshuis Personeel
Kontak Ons
Adres: Hoofstraat 37, Riebeek Kasteel, 7307
Kontak Nommer: +27 (0)22 448 1228
Epos Adres: admin@rkls.co.za






