LEWE LEER TROTS
Welkom by Laerskool Riebeek KasteelSKOOLTYE
Gr.1&2 Maandae – Donderdae: 07:30-13:30
Vrydae :07:30-13:15
Gr.3&7 Maandae – Donderdae : 07:30 – 14:00
Vrydae: 07:30 – 13:15
Kontak Ons
Laerskool Riebeek Kasteel
Adres: Hoofstraat 37, Riebeek Kasteel
Kontak Nommer: +27 (0)22 448 1228
Epos Adres: admin@rkls.co.za
By Riebeek Skep ons vertroue om te glo, waag en wen
Die Laerskool Riebeek Kasteel is geleë in die hartjie van die pragtige Boland aan die voet van Kasteelberg. Dit is reeds die vriendelike mense, waaronder die bekwame en passievolle personeel van die skool, wat bydra tot die tasbare uitlewing van ons skool se leuse “Help Mekaar”.
Hier is elke kind ‘n individu met besonderse potensiaal wat hom/haar kan uitleef, ontdek en die ware essensie van menswees aanleer. Die skool beskik oor 200 leerders en is individuele aandag en persoonlike bemoeienis ‘n prioriteit.
Laerskool Riebeek Kasteel, Help Mekaar
By Laerskool Riebeek Kasteel fokus ons op die vestiging van ‘n positiewe gesindheid binne ‘n waarde-kultuur waar respek, trots, lojaliteit, verantwoordelikheid , pligsgetrouheid en eerlikheid beklemtoon word. Dit is hier waar die skool se tradisie en prestasie bydra tot ons fokus op die huidige en die toekoms.
Hier word ‘n ruimte vir klein en groot geskep om te glo, te waag en te wen. Ons is in 2017 gerig op die spreuke “The past, with the present for the future”.
Laerskool Riebeek Kasteel
Hier word balans gehandhaaf in akademie, sport, kultuur en geestelike belewenis, bydraend tot die ontwikkeling van leerders vir hulle totaliteit. Moderne fasiliteite, akademiese uitnemendheid en puik afrigting bied die geleentheid aan laerskoolleerders tot die ontdekking van ‘n toekoms met aantreklike en uitdagende groeigeleenthede.
Fotos & Kalender
Nuwe skooldrag vir Laerskool Riebeek Kasteel
Hier is Laerskool Riebeek Kasteel se hoofseun en hoofdogter met hulle nuwe skooldrag.
Riebeek Kasteel Trail Run & MTB
Nuweplaas Padstal & Laerskool Riebeek Kasteel Trail Run & MTB. 11 Nov 2023 inskrywingsvorm-x1Download
Swartlandstreek Sewesspan…
🏉Baie geluk aan Damian Starkey en Jason Hendricks wat opgeneem is in die 0/13 Swartlandstreek Sewesspan...🏉 Ons is baie trots op...
Gr. 7’s se Afrikaanse projek…
Die gr.7's doen hierdie kwartaal 'n interessante projek oor kindermishandeling en verwaarlosing. Marilie Theron het met ons...
Jy moet hard leer en baie lees om goed te kan spel
Baie geluk aan Lieka Geldenhuys wat deur is na die volgende rondte van die WOW -SPELFEES. Ons is baie trots op jou en wens vir...
Kastelers ontvang Akademiese balkies
Die tweede kwartaal is nooit maklik nie, maar hierdie Kastelers het vasgebyt tot die einde en ontvang Akademiese balkies.
Leerders
Terrein Personeel
Onderwysers
Koshuis Personeel
Kontak Ons
Adres: Hoofstraat 37, Riebeek Kasteel, 7307
Kontak Nommer: +27 (0)22 448 1228
Epos Adres: admin@rkls.co.za






