LEWE LEER TROTS
Welkom by Laerskool Riebeek KasteelSKOOLTYE
Gr.1&2 Maandae – Donderdae: 07:30-13:30
Vrydae :07:30-13:15
Gr.3&7 Maandae – Donderdae : 07:30 – 14:00
Vrydae: 07:30 – 13:15
Kontak Ons
Laerskool Riebeek Kasteel
Adres: Hoofstraat 37, Riebeek Kasteel
Kontak Nommer: +27 (0)22 448 1228
Epos Adres: admin@rkls.co.za
By Riebeek Skep ons vertroue om te glo, waag en wen
Die Laerskool Riebeek Kasteel is geleë in die hartjie van die pragtige Boland aan die voet van Kasteelberg. Dit is reeds die vriendelike mense, waaronder die bekwame en passievolle personeel van die skool, wat bydra tot die tasbare uitlewing van ons skool se leuse “Help Mekaar”.
Hier is elke kind ‘n individu met besonderse potensiaal wat hom/haar kan uitleef, ontdek en die ware essensie van menswees aanleer. Die skool beskik oor 200 leerders en is individuele aandag en persoonlike bemoeienis ‘n prioriteit.
Laerskool Riebeek Kasteel, Help Mekaar
By Laerskool Riebeek Kasteel fokus ons op die vestiging van ‘n positiewe gesindheid binne ‘n waarde-kultuur waar respek, trots, lojaliteit, verantwoordelikheid , pligsgetrouheid en eerlikheid beklemtoon word. Dit is hier waar die skool se tradisie en prestasie bydra tot ons fokus op die huidige en die toekoms.
Hier word ‘n ruimte vir klein en groot geskep om te glo, te waag en te wen. Ons is in 2017 gerig op die spreuke “The past, with the present for the future”.
Laerskool Riebeek Kasteel
Hier word balans gehandhaaf in akademie, sport, kultuur en geestelike belewenis, bydraend tot die ontwikkeling van leerders vir hulle totaliteit. Moderne fasiliteite, akademiese uitnemendheid en puik afrigting bied die geleentheid aan laerskoolleerders tot die ontdekking van ‘n toekoms met aantreklike en uitdagende groeigeleenthede.
Fotos & Kalender
Valentynsdag Sokkie
Ons kinders het hulself vreeslik geniet by die sokkie. Dankie vir die Graad 6 leerders en ouers wat die aand moontlik gemaak het.
Book Exhibition
Join Riebeek Kasteel Primary for s Book Exhibition. 19 - 21 February 2024, 08:00 - 15:00 at the School Hall
World Read aloud day
Read aloud day is about celebrating the power of reading aloud. It encourages children and adults to grab a book, find an...
Tennis wedstryd teen CPM
Ons senior tennisspan het die 8ste Februarie hulle eerste wedstryd vir 2024 gespeel en dit baie geniet.
Graad R klas oes aartappels uit die skool se groentetuin
Die Graad R klas het Maandag hulle eerste keer aartappels geoes by die skool se groentetuin.
Victor en Victrix Ludorum (Junior en Senior)
Kleure-Atletiek 2023 : Junior en Senior Victor en Victrix Ludorum.
Leerders
Terrein Personeel
Onderwysers
Koshuis Personeel
Kontak Ons
Adres: Hoofstraat 37, Riebeek Kasteel, 7307
Kontak Nommer: +27 (0)22 448 1228
Epos Adres: admin@rkls.co.za






