LEWE LEER TROTS
Welkom by Laerskool Riebeek KasteelSKOOLTYE
Gr.1&2 Maandae – Donderdae: 07:30-13:30
Vrydae :07:30-13:15
Gr.3&7 Maandae – Donderdae : 07:30 – 14:00
Vrydae: 07:30 – 13:15
Kontak Ons
Laerskool Riebeek Kasteel
Adres: Hoofstraat 37, Riebeek Kasteel
Kontak Nommer: +27 (0)22 448 1228
Epos Adres: admin@rkls.co.za
By Riebeek Skep ons vertroue om te glo, waag en wen
Die Laerskool Riebeek Kasteel is geleë in die hartjie van die pragtige Boland aan die voet van Kasteelberg. Dit is reeds die vriendelike mense, waaronder die bekwame en passievolle personeel van die skool, wat bydra tot die tasbare uitlewing van ons skool se leuse “Help Mekaar”.
Hier is elke kind ‘n individu met besonderse potensiaal wat hom/haar kan uitleef, ontdek en die ware essensie van menswees aanleer. Die skool beskik oor 200 leerders en is individuele aandag en persoonlike bemoeienis ‘n prioriteit.
Laerskool Riebeek Kasteel, Help Mekaar
By Laerskool Riebeek Kasteel fokus ons op die vestiging van ‘n positiewe gesindheid binne ‘n waarde-kultuur waar respek, trots, lojaliteit, verantwoordelikheid , pligsgetrouheid en eerlikheid beklemtoon word. Dit is hier waar die skool se tradisie en prestasie bydra tot ons fokus op die huidige en die toekoms.
Hier word ‘n ruimte vir klein en groot geskep om te glo, te waag en te wen. Ons is in 2017 gerig op die spreuke “The past, with the present for the future”.
Laerskool Riebeek Kasteel
Hier word balans gehandhaaf in akademie, sport, kultuur en geestelike belewenis, bydraend tot die ontwikkeling van leerders vir hulle totaliteit. Moderne fasiliteite, akademiese uitnemendheid en puik afrigting bied die geleentheid aan laerskoolleerders tot die ontdekking van ‘n toekoms met aantreklike en uitdagende groeigeleenthede.

Fotos & Kalender
Laerskool Riebeek Kasteel Gholfdag
25 Oktober 2024. 4 Ball alliance R2000 (500pp). Kaartjies moet direk by Malmesbury Gholfklub bespreeek word.
Gr. R Opedag
2024 se Opedag was 'n baie besonderse dag! Die opgewonde gesiggies en ouers was vir ons die hoogtepunt van die dag! Dankbaarheid...
150 Bestaansjaar vieringe: Boeresport
Baie dankie aan elke Kasteler en ouer wat die dag saam met ons kom geniet het! Dankie ook aan die SOS-span vir die heerlike...
Duiweveling 25 Julie 2024
Lekker lotte en vinnige duiwe om op te bie! Pryse vir 1ste tot 3de plek.
150 Bestaansjaar vieringe: Mnr & Mej Riebeek Kasteel
150 BESTAANSJARE VIERINGE het behoorlik gesorg vir vele pret en plesier! 'n Week terug het oud-Kastelers, oud-onnies en vele...
Laerskool Riebeek Kasteel Sporttoernooi
Dit was hierdie jaar ons 25ste sporttoernooi wat die skool aangebied het. Dit was 'n groot sukses en die netbal en rugby spelers...
Leerders
Terrein Personeel
Onderwysers
Koshuis Personeel
Kontak Ons
Adres: Hoofstraat 37, Riebeek Kasteel, 7307
Kontak Nommer: +27 (0)22 448 1228
Epos Adres: admin@rkls.co.za