Ons het ‘n fantastiese dag gehad tydens ons Graad R Opedag, waar ons moontlike 2026-leerders en hul gesinne verwelkom het! Van speletjies en opwindende aktiwiteite tot oulike plaasdiere – dit was ‘n dag vol lag, leer en lekkerkry.
Ons sien uit daarna om hierdie wonderlike jong leerders binnekort in ons skoolfamilie te hê! Dankie aan almal wat dit ‘n spesiale dag gemaak het.